Skip to content

Ramaphosa sê die regering probeer die gaping tussen beleggingbeloftes en die instelling daarvan verklein

# President Cyril Ramaphosa sê daar is ʼn gaping tussen beter belegger-sentiment en groter belegging. Suid-Afrika se Bruto Vastekapitaal-skepping het sedert 2008 geleidelik afgeneem. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief dit word toegeskryf aan die wêreldwye finansiële krisis en die tydperk van staatskaping wat privaat belegging en sakevertroue ondermyn het. Ramaphosa sê die regering wil die gaping verklein tussen beloftes van beleggings, die instelling daarvan en uiteindelik werkskepping.