Skip to content

Ramaphosa sê die begroting is ‘n belangrike instrument om ongelykheid te beperk

# President Cyril Ramaphosa het die goedkeuring van die nasionale begroting verdedig en gesê dit is ‘n belangrike instrument om ontwikkeling te bevorder, armoede uit te roei en ongelykheid te beperk. Die Parlement het verlede week die fiskale raamwerk goedgekeur, wat ‘n verhoging van 0,5-persent in BTW insluit. In sy weeklikse nuusbrief sê die president die maatskaplike loon kan slegs volgehou word as die ekonomie groei. Hy sê die begroting weerspieël die prioriteite van die regering se Mediumtermyn-ontwikkelingsplan.