Skip to content

Ramaphosa sê beleggers het vertroue in Suid-Afrika as aantreklike beleggersbestemming

# President Cyril Ramaphosa sê die feit dat internasionale en plaaslike beleggers bereid is om kapitaal in Suid-Afrika te belê toon vertroue in die land as aantreklike beleggingsbestemming. Sedert die regering se eerste nasionale beleggingsveldtog in 2018, is 1,5-duisend-miljard-rand beloof en volgens berigte is 634-miljard-rand belê in fabrieke, myne, datasentrums, kragaanlegte en ander infrastruktuur. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die regering skep toestande vir groei en verskaf die nodige sekerheid vir beleggers.