Skip to content

Ramaphosa sê Afrika moet deel wees van wêreldreëls oor die bekamping van pandemies

# President Cyril Ramaphosa sê die Covid‑19‑pandemie en die onlangse uitbreking van Ebola in die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda dien as ‘n herinnering dat Suid‑Afrika en die vasteland as geheel beter voorbereid moet wees op gesondheids-noodgevalle. Meer as 100-duisend Suid‑Afrikaners het tydens die pandemie gesterf en sowat twee-miljoen werksgeleenthede is verloor. Die dodetal weens Ebola het reeds 200 gevalle oorskry. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief Afrika kan nie aanhou om tydens gesondheids-noodgevalle afhanklik te wees van internasionale vennote nie, en beklemtoon lande moet sterker gesondheidstelsels ontwikkel.