Skip to content

Ramaphosa op tweedaagse staatsbesoek aan Switserland om bilaterale verhoudings te versterk

# President Cyril Ramaphosa onderneem môre en Donderdag ‘n tweedaagse staatsbesoek aan Switserland om politieke, ekonomiese en maatskaplike bande te versterk. Switserland bly een van Suid-Afrika se belangrikste Europese handelsvennote, met ‘n algehele handelsvolume van 18,2- miljard-rand verlede jaar. Die Presidensie sê ‘n belangrike fokus van die besoek is die bevordering van ‘n jeugsamewerkingsraamwerk wat gemik is op die bevordering van opleiding en vermoë-bou om jongmense toe te rus met vaardighede wat in die moderne ekonomie nodig is. Daar is tans 22 bilaterale ooreenkomste tussen die twee lande.