# President Cyril Ramaphosa het die verslag van die G20 se buitengewone komitee van onafhanklike deskundiges oor globale ongelykheid ontvang. Die verslag, onder die leiding van Nobelpryswenner, die ekonoom Joseph Stiglitz, ondersoek die dryfvere van ongelykheid en bied praktiese stappe om die welvaartgaping te verminder. Ramaphosa sê aan die media, ongelykheid dreig demokrasie, menswaardigheid en inklusiewe groei. Hy voeg by dat Suid-Afrika se G20-presidentskap die verslag sal gebruik om besprekings by die G20-leiersberaad in Johannesburg later vandeesmaand te lei:
Ramaphosa ontvang G20 taakspan se verslag oor wêreldwye ongelykheid, vra vir ‘n bloudruk vir aksie [KLANK]
ENG RamaphosaOnInequalityReport