# President Cyril Ramaphosa sal vandag die nasionale dialoog se groep vooraanstaande persone by die Uniegebou in Tshwane ontmoet. Die groep wat bestaan uit gerespekteerde persone uit alle groepe van die samelewing, sal help om gesprekke te lei wat beoog om die nasie bymekaar te bring en sal meer besonderhede kry oor die eerste nasionale konvensie wat vir 15 Augustus beplan is. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die vergadering sal die groep se rolle en doelwitte bepaal vir die belangrike nasionale dialoogproses.
Ramaphosa hou eerste vergadering met nasionale dialoog se groep van vooraanstaande persone