Skip to content

Ramaphosa gaan opening van Suid-Afrika en Lesotho se Senqu-brug waarneem

# President Cyril Ramaphosa gaan vandag die opening van die Senqu-brug in Mokhotlong, Lesotho, waarneem. Hy word vergesel van Lesotho se eerste minister, Samuel Matekane, en koning Letsie die Derde. Die Presidensie sê die inwyding van die brug van 2,4-miljard-rand is ʼn belangrike mylpaal van fase twee van die Lesotho Hoogland-waterprojek. Hy sê die projek verseker die oordrag van water van gehalte na Suid-Afrika; wek hidro-elektrisiteit op vir Lesotho; verskaf water om te drink, vir besproeiing en visvang, en bevorder toerisme.