Skip to content

Ramaphosa gaan geleenthede ondersoek om Suid-Afrika mededingende KI-middelpunt in Afrika te maak

# President Cyril Ramaphosa is hierdie week op ʼn hoëvlak-werksbesoek aan Silicon Valley in Amerika om Suid-Afrika se kunsmatige-intelligensievermoë te versterk en beleggings te lok. Hy word vergesel van ʼn afvaardiging bestaande uit verteenwoordigers van die regering, akademia, die sakewêreld, navorsingsinstellings, tegniese kundiges en universiteitstudente. Die Presidensie sê ʼn belangrike faktor van die besoek is Suid-Afrika se vergadering oor KI-geleenthede met die tema: “Bou die Afrika KI-ekonomie: Infrastruktuur, Belegging en Vernuwing”. Dit sal geleenthede ondersoek om die land as ʼn mededingende KI-middelpunt in Afrika te plaas.