Skip to content

Ramaphosa erken baie Suid-Afrikaners ervaar nog nie ekonomiese herstel nie

# President Cyril Ramaphosa sê die regering moes die afgelope paar jaar ‘n moeilike balans handhaaf tussen die bestendiging van die land se openbare finansies en om die hoë vlakke van armoede en werkloosheid aan te pak. Die minibegroting wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verlede weekter tafel gelê het, toon staatskuld het bestendig en die regering se inkomste is sowat 54-miljard-rand meer as verwag. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dit bly die regering se verantwoordelikheid om te verseker finansiële vooruitgang word omskep in tasbare verbeterings.