Skip to content

Ramaphosa en koning Misuzulu Zulu beraadslaag oor regering se verantwoordelikheid om immigrasiewette toe te pas

# President Cyril Ramaphosa het ʼn beroep op koning Misuzulu Zulu gedoen om vreedsame betogings aan te moedig onder diegene wat bekommerd is oor onwettige immigrasie. Hy het die koning gister by die amptelike presidentswoning in Pretoria ontvang. Die Presidensie sê die ontmoeting is deel van die regering se voortgesette beraadslaging met rolspelers en maatskaplike vennote om ʼn gekoördineerde en wettige reaksie op migrasie te versterk. Ramaphosa het die regering se verantwoordelikheid om immigrasiewette verantwoordelik toe te pas, beklemtoon. Hy sê geen individu mag ʼn ander persoon voorkeer om dokumentasie of bewys van burgerskap te eis nie.