# President Cyril Ramaphosa lei hierdie week ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Die sitting sal gehou word onder die tema, “Beter Saam: 80 Jaar en Meer vir Vrede, Ontwikkeling en Menseregte“. Die land se afvaardiging sal verskeie vergaderings bywoon, insluitend dié oor handel en beleggings, sowel as besprekings oor die tweestaat-oplossing vir Israel-Palestina. Die Presidensie sê Ramaphosa sal hierdie kritieke platform gebruik om ‘n progressiewe agenda vir ‘n meer regverdige, vreedsame en billike wêreldorde te bevorder.
Ramaphosa bevorder agenda vir ‘n meer billike wêreldorde by die VN se Algemene Vergadering