# President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die Kerngeneeskunde Navorsingsfasiliteit by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria besoek. Die sentrum is ‘n baanbreker met die ontwikkeling van kanker- en tuberkulose-medikasie. Ramaphosa sal ook die hartkateterisasie-laboratorium besoek waar gespesialiseerde diagnostiese en intervensie-prosedures op die hart en bloedvate uitgevoer word. Die presidensie sê dit beklemtoon Suid-Afrika se toewyding aan gesondheidsorginnovering, regverdige toegang, en geïntegreerde infrastruktuurbelegging in mediese navorsing en dienste.
Ramaphosa besoek vandag wêreldgehalte fasiliteit vir kerngeneeskunde in Pretoria