Skip to content

Raadgewende ingenieursorganisasie waarsku beleid alleen kan nie infrastruktuurkrisis oplos nie

# Die Raadgewende Ingenieursorganisasie van Suid-Afrika sê beleidshervorming moet doeltreffend ingestel word om die land se infrastruktuuruitdagings aan te spreek. Die raad se hoof- uitvoerende beampte Chris Campbell het in aanloop tot die infrastruktuurindaba wat van 18 tot 19 Maart plaasvind, beklemtoon dat swak toepassing, die tekort aan tegniese kundigheid en korrupsie vooruitgang belemmer. Campbell vra vir strenger toepassing van die betalingsbeleid, beter opleiding van amptenare, en sterker vennootskappe tussen die openbare en privaat sektor. Hy vra vir onmiddellike optrede om verdere infrastuktuurverbrokkeling te voorkom, en bepleit verantwoordelikheid en beter bestuur op alle vlakke.