# Die Suid-Afrikaanse Raad vir Gesondheidsberoepe sê hy bly vasbeslote om onwettige praktyke in die gesondheidsektor op te spoor en daarteen op te tree. Vyf onwettige praktisyns is tussen April en Junie vanjaar in hegtenis geneem. In die jongste voorval is ʼn Kongolese burger, Basa Bafumba-Nkoy, vasgetrek wat ongeregistreerd by ʼn gesinspraktyk in Yeoville, Johannesburg, gewerk het. Die raad sê geregistreerde praktisyns moet hulle regs- en etiese verantwoordelikheid respekteer en seker maak slegs gekwalifiseerde en geregistreerde persone werk by hulle praktyke.
Raad vir Gesondheidsberoepe tree op teen onwettige praktyke in die gesondheidsektor