Skip to content

Raad van Gesondheidsorgfinansierders verwelkom hofbevel oor hiersiening van NGV wet

# Die Raad van Gesondheidsorgfinansierders sê ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat president Cyril Ramaphosa beveel om rekords te oorhandig oor sy besluit om die Nasionale Gesondheidsversekeringwet te onderteken, is ‘n oorwinning vir die oppergesag van die reg. Die hof het beslis dat Ramaphosa se besluit hersien kan word en het hom tien dae gegee om die rekords te verskaf. Die organisasie glo die president het wye bekommernisse van die burgerlike samelewing en die gesondheidsorgsektor geïgnoreer, en voer aan dat die NGV vaag, onbekostigbaar en ongrondwetlik is.