Skip to content

Qhawekazi Mazaleni as Mej Suid-Afrika 2025 gekroon

# Qhaweki Mazaleni is gisteraand as Mej. Suid-Afrika 2025 gekroon tydens die 67ste glansgeleentheid van die kompetisie by die SunBet Arena in Pretoria. Die 26-jarige skoonheid van die Oos-Kaap het die kroon van die uittredende titelhouer Mia Le Roux ontvang. Mazaleni het teen nege ander deelnemers om die titel meegeding nadat een deelnemer aan die kompetisie onttrek het. Die eerste prinses is Luyanda Zuma en die tweede prinses Karabo Mareka. Mazaleni het ‘n pryspakket ter waarde van meer as drie-miljoen-rand gewen, insluitend ‘n Mercedes-Benz en ‘n dakwoonstel.