# Die lugrederyreus Qantas is in ‘n Australiese hof met meer as ‘n miljard-rand beboet vir die onwettige afdanking van ongeveer een-duisend-800 werknemers tydens die Covid-19-pandemie. Die boete is die grootste wat ‘n hof opgelê het vir ‘n oortreding van arbeidsverhoudingswette in die land se geskiedenis. Die Federale Regter Michael Lee het in sy uitspraak gesê hy wil hê die boete moet dien as afskrikmiddel vir ander werkgewers. Die lugredery het ingestem om die boete te betaal en sê die uitspraak hou hom aanspreeklik vir optrede wat werklike skade aan sy werknemers veroorsaak het.
Qantas met rekordbedrag beboet vir onwettige afleggings tydens pandemie