# President Vladimir Putin waarsku oor vergelding as Europese lande op Rusland se handelsvaartuie beslag lê. Die staatsnuusagentskap TASS berig die Europese Unie verskerp druk op Rusland se sogenaamde skaduvloot. Die EU het sy sanksies teen honderde vaartuie uitgebrei, terwyl sekere skepe en hul bemannings aangehou word vir inspeksies. Verskeie Europese regerings het aangedui hul oorweeg strenger optrede teen vaartuie. Putin sê Rusland se vergelding sal nie beperk wees tot die gebiedswater waar Russiese vaartuie aangehou word nie, maar kan plaasvind waar Moskou dit nodig ag.
Putin waarsku oor vergelding as EU-lande op Russiese vaartuie beslag lê