# Die Prinses van Wallis waarsku dat te veel tyd op slimfone en voor rekenaarskerms ‘n “epidemie van ontkoppeling” skep wat die gesinslewe ontwrig. In ‘n essay wat op die webwerf van die Royal Foundation Centre for Early Childhood gepubliseer is, sê Catherine kinders moet aangemoedig word om sosiale en emosionele vaardighede te ontwikkel wat hulle regdeur hulle lewens sal help. Catherine sê slimfone en ander toestelle is ‘n aanhoudende afleiding en ondermyn die tyd wat gesinne saam deurbring. Haar man, Prins William, het onlangs gesê nie een van hul drie kinders mag slimfone hê nie.
Prinses van Wallis waarsku te veel skermtyd ontwrig gesinslewe