Skip to content

Prins Harry bring verrassingsbesoek aan Kiëf ná sy reis na Brittanje

# Prins Harry het ‘n verrassingsbesoek aan die Oekraïense hoofstad gebring nadat hy vroeër die week ‘n alleen-reis na Brittanje onderneem het waar hy met sy pa, koning Charles, herenig is vir hul eerste persoonlike ontmoeting in 19 maande. Die prins het in Kiëf aangekom met ‘n span van sy Invictus-spele-stigting en sal na verwagting nuwe projekte bespreek om die rehabilitasie van gewonde Oekraïners te ondersteun. Reuters het vroeër berig sy stigting sal byna nege-miljoen-rand skenk om kinders van Gaza en Oekraïne te ondersteun.