Skip to content

President Ramaphosa sê SA moet leidende rol speel in Afrika se ekonomiese integrasie

# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se deelname aan die Afrika-forum vir Uitvoerende Hoofde in die Ivoorkus beklemtoon die land se verbintenis tot ‘n leidende rol in Afrika se ekonomiese integrasie. Ramaphosa is vandag en môre by die forum waar uitvoerende hoofde, staatshoofde en beleggers vergader. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief die verwikkelinge in die wêreld-ekonomie bied ‘n geleentheid vir ‘n strategiese, Afrika-gefokusde handels- en beleggingsbeleid. Hy sê ook Suid-Afrikaanse sakeondernemings moet leiding neem om nywerhede in Afrika te transformeer.