# President Cyril Ramaphosa besoek vandag vloedgeteisterde gebiede in die Oos-Kaap. Dit volg nadat meer as 70 mense sedert Maandag in die provinsie dood is na oorstromings. Sowat tien-duisend mense is dakloos gelaat en drie-duisend huise is beskadig of vernietig. Die OR Tambo- en Amathole-distriksmunisipaliteite het die ergste deurgeloop. Ramaphosa het gister by ʼn beraad in Kaapstad gesê hy sal die rampreaksie se vordering dophou en met die gemeenskappe wat geraak is, kontak maak:
President Ramaphosa besoek vloedgeteisterde gebiede in die Oos-Kaap [KLANK]
ENG RamaphosaOnEasternCape