Skip to content

President Donald Trump reg om omvattende handelsooreenkoms met Britte aan te kondig

# President Donald Trump van die VSA sal na verwagting later vandag ’n ‘volledige en omvattende’ handelsooreenkoms tussen die VSA en die Verenigde Koninkryk aankondig. Hy het op sy sosiale media-platform, Truth Social, geskryf dat die ooreenkoms die verhouding tussen die Verenigde State en Brittanje vir baie jare sal verstewig. Hy sê dat dit, weens hul lang geskiedenis en lojaliteit, ’n groot eer is om eerste ‘n ooreenkoms met Brittanje aan te kondig. Hy het ook geskryf dat talle ander ooreenkomste, wat reeds in gevorderde onderhandelingstadiums is, binnekort sal volg.