Skip to content

Presidensiële Klimaatkommissie betrek belanghebbendes oor hersiene klimaatsteikens

# Die Presidensiële Klimaatkommissie het met die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, vergader om Suid-Afrika se hersiene nasionaal bepaalde bydrae te bespreek, Die hersiening, wat onlangs deur die Kabinet goedgekeur is, is nou oop vir openbare kommentaar voor die voorlegging aan die VN in Oktober. Die Nasionaal bepaalde bydrae strek vanaf 2031 tot 2035 en beoog meer dringende klimaat optrede. Die Presidensiële Klimaatkommissie moedig alle belanghebbendes aan om deel te neem aan die besprekings om inklusiewe insette te verseker vir die land se klimaat-veerkragtige, lae-koolstof ekonomie.