Skip to content

PRASA verhoog vanaf Augustus Metrorail-tariewe vir eerste keer in dekade

# Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika sal vanaf 1 Augustus, vir die eerste keer sedert 2015, hoër passasierstariewe regoor die Metrorail-netwerk instel. Enkelkaartjies verhoog na twee-rand-50-sent, terwyl retoerkaartjies, afhangend van die afstand, na ses-rand styg. Die verhoging volg na besprekings met belanghebbendes in 2023 en probeer om energie, instandhouding en veiligheidsbehoeftes te balanseer. Die uitvoerende hoof van PRASA, Nwabisa Gqamane-Ntiyane sê tariewe bly bekostigbaar, met afslag buite piektye, en nuwe weeklikse en maandelikse kaartjiemoontlikhede.