# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die kennisgewingperiode vir die aflegging van werkers by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika verleng. Dit is om die ministeriële taakspan meer tyd te gee om alternatiewe vir 227 werkers te vind. Van die 580 betrokke werkers, het 43 vroeë aftrede-pakkette aanvaar terwyl 102 na ander vakante poste by PRASA-afdelings en -departemente oorgeplaas is. Nog 208 werkers in die beskermingsdienste se poste word beskerm hangende die uitslag van beraadslaging met Transnet oor die oordrag van stasies en verwante bates.
PRASA ministeriële taakspan kry meer tyd om alternatiewe vir afleggings te vind