# Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Hishaam Emeran, vergader na verwagting vandag met die spooroperateur se twee grootste vakbonde. Dit volg nadat Untu en Satawu ʼn dispuut na die KVBA verwys het oor hul eise vir ʼn loonverhoging van 15-persent. Die vakbonde se eise sluit ʼn mediesefonds-subsidie in waar die werkgewer 70-persent van die premies betaal, asook ʼn klousule wat afleggings vir die duur van die ooreenkoms ononderhandelbaar maak. Prasa sê hy kan nie die loonverhoging bekostig nie.
Prasa-hoof vergader met Satawu en Untu oor eis vir 15%-loonverhoging