Skip to content

Prasa en vervoervakbond sluit loonooreenkoms

# Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika en die Verenigde Nasionale Vervoervakbond, Untu, het ‘n loonooreenkoms bereik wat ‘n 5,5-persent verhoging vir alle werkers behels. Untu en Prasa het gister die ooreenkoms vir die jaar tot Maart 2026 gesluit, na wat Untu beskryf het as moeilike en uitgerekte onderhandelings. Bykomend tot die loonverhoging sal daar gedurende hierdie periode geen werkersafleggings in the onderhandelingseenheid in die korporatiewe kantoor, die spoor en tegniese eenhede en die langafstand-passasiers afdeling en die tussen-terrein-eenheid wees nie.