Skip to content

Potter-aanhangers wêreldwyd kom byeen om internasionale Harry Potter-dag te vier

# Vandag is Internasionale Harry Potter-dag, ‘n viering van die skrywer JK Rowling se geliefde wêreld van towenaars. Rowling se reeks boeke hou die Guinness-wêreldrekord as die topverkoper van ‘n reeks deur ‘n enkele skrywer. Meer as 500-miljoen eksemplare daarvan is reeds verkoop is. Al sewe van die oorspronklike Harry Potter-boeke is in agt films omskep, en is in die Verenigde Koninkryk en Ierland verfilm. Vandag word boeke weer gelees, temapartytjies gehou en gunstelingspreuke voorgelees terwyl mense ook aangemoedig word om hul innerlike towenaar vry te laat.