# Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het ‘n bykomende 3,8-miljard-rand versoek om sy sakereddingsplan af te handel. Meer as vier-duisend-300 werkers is reeds afgelê en 360 takke gesluit. Sakereddingspraktisyns waarsku dat die diens sonder die geld moontlik nie sy ommekeer sal kan voltooi wat fokus op die opknapping van sy Inligtingstegnologie-afdeling en digitale uitbreiding nie. Die praktisyns prys die skuldvermindering en verbeterde geldsake sedert sakeredding in 2023 begin het, maar sê goedkeuring vir die tweede gedeelte is van kritieke belang.
Poskantoor benodig R3,8-miljard om sakeredding te voltooi te midde van werkverliese