# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie vra sy lede en alle Suid-Afrikaners om Vrydag Cosatu se Werkersdag-saamtrekke by te woon. POPCRU se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die dag het ‘n spesiale revolusionêre betekenis in Suid-Afrika. Hy sê dit was die georganiseerde mag van werkers wat verenig het onder organisasies soos Cosatu, wat ‘n beslissende rol gespeel het in die uitwissing van apartheid en die bevordering van die Nasionale Demokratiese Revolusie.
POPCRU vra sy lede om Werkersdag-saamtrekke by te woon