# Die minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ‘n gedetailleerde verslag van die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola oor die taakspan vir politieke moorde aangevra. Dit volg na die terugbesorging van 121 dossiers aan die span te midde van bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Cachalia sê die saak is van openbare belang en moet deeglik ondersoek word. Die woordvoerder van die ministerie, Kamogelo Mogotsi, sê die minister het daarop aangedring dat geen verdere stappe gedoen word voordat die Madlanga-kommissie sy ondersoek voltooi het nie:
Polisieminister eis dringend ‘n verslag oor die taakspan vir politieke moorde [KLANK]
ENG MogotsiOnUrgentReport