Skip to content

Polisiehond wat aan Koningin Elizabeth se begrafnis deelgeneem het, dood in motorongeluk

# ‘n Polisiehond wat aan Koningin Elizabeth II se begrafnis deelgeneem het, is in ‘n motorongeluk dood. Polisiehond Bert, ‘n vyf jaar oue spanjoel verbonde aan die Cleveland-polisie, was een van twee honde in ‘n ondersteuningsvoertuig toe dit met ‘n ander motor gebots het. Albei diere is na ‘n veearts geneem, maar weens die erns van sy beserings is Bert vankant gemaak. Bert was vir drie en ‘n half jaar ‘n polisiehond. In 2022 is hy na Londen ontplooi om te help met die begrafnis van die oorlede Koningin.