# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die vonnisoplegging in die hooggeregshof in Pietermaritzburg verwelkom waarin die huurmoordenaar Sabelo Phewa twee maal lewenslank tronk toe gestuur is vir die moord op Richmond se munisipale bestuurder, Sibusiso Sithole, in 2017. Sithole het korrupsie in die munisipaliteit met tenders en gunslone ondersoek toe hy doodgeskiet is. Die polisie se taakspan oor politieke moorde het Phewa met verskeie moorde verbind, insluitend dié van die vrou van Amos Ngcobo. Hy is ook tot tronkstraf gevonnis weens poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Polisie verwelkom twee lewenslange vonnisse vir moordenaar van Richmond se munisipale bestuurder