Skip to content

Polisie verduidelik DNS-verwarring in Cwecwe-verkragtingsondersoek

# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het verduidelik daar is nie DNS-monsters geneem van ‘n derde persoon gekoppel aan die sewejarige Cwecwe se verkragtingsaak nie. Die meisie is na bewering in Oktober verlede jaar by ‘n skool in Matatiele in die Oos-Kaap verkrag. Die Ministerie van Polisie sê die aanvanklike opmerkings dat geen DNS geneem is nie, is verkeerd vertolk. Twee DNS-monsters is ingesamel, met verdere toetse wat aan die gang is. Die ministerie het sy verbintenis tot ‘n deeglike ondersoek bevestig en mense versoek om versigtig te wees vir waninligting.