Skip to content

Polisie soek steeds na ontvoerde sakeman, Jerry Boshoga [KLANK]

# Die polisie doen ʼn beroep dat mense sosiale media verantwoordelik gebruik wanneer hulle berig oor die ontvoeringsaak van die sakeman, Jerry Boshoga. Die 46-jarige Boshoga is laas in November 2024 gesien nadat hy ʼn vergadering in Rooihuiskraal, Centurion, bygewoon het. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die afgelope 24 uur word misleidende en vals berigte op sosiale media gedeel dat Boshoga se liggaam gevind is. Sy sê die ondersoek is steeds op ʼn baie sensitiewe stadium en Boshoga is nie lewend of dood gevind nie:

ENG AthlendaonJerryBoshoga