# ‘n Regskenner van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Marga van Rooyen, het aan die Madlanga-kommissie gesê dat om dossiere van die taakspan vir politieke moorde maande lank na Pretoria te stuur sonder dat daar ondersoek ingestel word, kom neer op die onderdrukking van ondersoeke. Van Rooyen sê hierdie wanhantering van sake belemmer voortgesette ondersoeke en ondermyn die doeltreffendheid van polisie-operasies. Sy het beklemtoon die behoorlike hantering van dossiere val onder die gesag van die nasionale polisiekommissaris, nie die minister van Polisie nie:
Polisie-regskenner waarsku maandelange stilstand van politieke moorde-taakspan se sake belemmer geregtigheid [KLANK]
ENG MargarethaOnDockets