Skip to content

Polisie bevestig vuurwapens in Matlala- en Molefeto-sake verbind met 18 geweldsmisdade

# Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê drie vuurwapens waarop beslag gelê is, ‘n AK-47 en twee pistole, wat verband hou met sake teen Vusimuzi ‘Cat’ Matlala en die misdaadfiguur, Katiso ‘KT’ Molefe, word forensies verbind aan 18 geweldsmisdade. Mathe sê die wapens hou verband met aanvalle op DJ’s Sumbody, Vinto en Vettis. Matlala se borgtogaansoek is gister in die Landdroshof in Alexandra geweier. Die polisie soek ook na nog ‘n AK-47 wat verbind word aan die aktrise Tebogo Thobejane se saak.