# Die polisie het ‘n hoëvlak-ondersoek begin ná die poging tot moord op die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan. Hy is gisteraand in Derdelaan in Houghton, Johannesburg, geskiet en tans in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ook opdrag gegee dat die taakspan vir politieke moorde by die ondersoek betrek word. Dit is om te verseker elke moontlike leidraad word opgevolg en dat diegene wat verantwoordelik is, tot verantwoording geroep word:
Polisie begin hoëvlak-ondersoek ná skietery op Misdaadintelligensie-adjunkhoof Feroz Khan [KLANK]
ENG MatheONFerozKhan