# Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit het die 2025/26-plesiervaartseisoen amptelik van stapel gestuur met die aankoms van die Mein Schiff 4 in die hawe van Port Elizabeth. Die burgemeester Babalwa Lobishe, en hawebestuurder, Pamela Yoyo sê die plesiervaartseisoen sal na verwagting 120-miljoen-rand tot die plaaslike ekonomie bydra. Die 25 besoeke van passasierskepe, insluitend nege oornagverblywe, sal meer as 40-duisend passasiers na die stad bring. Lobishe en Yoyo sê die plesiervaartseisoen sal toerisme versterk, werkgeleenthede skep en die stad se lewendige kultuur en gasvryheid ten toon stel.
Plesiervaartseisoen sal Nelson Mandelabaai-ekonomie met R120-miljoen versterk