Skip to content

Plastiek besoedelingberaad begin hierdie week in Genève

# Professor Richard Thompson van die Plymouth Universiteit sê ‘n ambisieuse verdrag om plastiek besoedeling te beveg kan ‘n reuse-verskil maak vir die planeet en toekomstige geslagte. Meer as 170 lande vergader hierdie week in Genève, Switzerland, om ‘n internasionale, regs-bindende verdrag oor plastiek besoedeling te ontwikkel, wat ook die mariene-omgewing insluit. Wêreldwyd word slegs nege-persent van vervaardigde plastiek herwin. Thompson sê ‘n verdrag is nodig om te verseker dat slegs noodsaaklike plastiek vervaardig word, chemikalieë wat in plastiek gebruik word verminder word, en dat alle toekomstige plastiek volhoubaar is.