Skip to content

Plastiekafval maak jaarliks een-miljoen seevoëls en 100 000 seediere dood

# Die Tara Ocean Foundation berig plastiekbesoedeling in die see het sedert die 1970’s vererger. Groot stukke afval soos visnette maak jaarliks meer as ʼn miljoen seevoëls en 100-duisend seediere dood. Minder sigbare mikroplastiek wat deesdae selfs in die diepste oseaan-trôe aangetref word, ontwrig mikrobiese gemeenskappe en dra gifstowwe oor aan voedselkettings. Die stigting sê minder enkelgebruikplastiek moet vervaardig word, plastiekartikels se lewensduur moet deur regulasies verleng word en hergebruik en herstelbaarheid moet aangemoedig word.