# Die vervaardiger van blou ammoniak en volhoubare chemikalieë, SUISO, sê hy is verbind tot grondrehabilitasie, herstel van bioverskeidenheid en volhoubare praktyke. Twee Chinese ingenieursmaatskappye het die laaste bod-ronde gehaal om vir SUISO ʼn steenkool-tot-kunsmis-nywerheidskompleks van 31,5-miljard-rand in Kriel, Mpumalanga, op te rig. Die aanleg wil 1,5-miljoen ton stikstofgebaseerde kunsmis per jaar vervaardig en terselfdertyd doelwitte van die land se billike energieoordrag nakom. SUISO se stigter, Paul Erskine, sê hulle gaan nuwe tegnologie gebruik wat koolstof opneem.
Planne op dreef om steenkool-tot-kunsmisprojek van R31,5-miljard in Mpumalanga op te rig