Skip to content

Plaaswerker van Limpopo beweer hy’s gedwing om vroue se liggame aan varke te voer

# ‘n Plaaswerker van Limpopo, Adriaan de Wet, gaan in die Hooggeregshof getuig hy is gedwing om die liggame van twee vermoorde vroue aan varke te voer. De Wet, nou ‘n staatsgetuie, beweer die boer, Zachariah Olivier, het Maria Makgato en Lucia Ndlovu in Augustus verlede jaar doodgeskiet toe hulle kos gesoek het. Hulle en ‘n Zimbabwiese werker, William Musora, is aangekla van moord met voorbedagte rade, poging tot moord en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Musora word ook daarvan aangekla dat hy onwettig in die land is. Die saak is uitgestel tot Donderdag.