Skip to content

Pikitup help om hoeveelheid vullis by stortingsterreine in Johannesburg te verminder

# Die afvalbestuur-agentskap Pikitup sê sy vooraf-sortering in die Stad Johannesburg is ʼn sukses en help dat minder vullis op stortingsterreine beland. Die program ondersteun nasionale langtermynteikens wat vereis dat munisipaliteite teen 2050 97-persent afval moet herwin en slegs drie-persent na stortingsterreine stuur. Pikitup het 41 nuwe vullisvragmotors by sy vloot gevoeg om die verwydering van herwinbare vullis te bevorder. Suid-Afrika lewer jaarliks meer as 50-miljoen ton vullis op en slegs ʼn derde word herwin.