# Die Kantoor van die Pensioenfondsberegter het ‘n 13-persent toename aangeteken in nuwe klagtes gedurende die 2024/25 boekjaar, met tien-duisend-331 wat ingedien is en tien-duisend-100 wat opgelos is. Die uitgaande Beregter, Muvhango Lukhaimane, sê 44-persent van die gevalle was weens wanbetaling van werkgewerbydraes. Lukhaimane sê die tweepotstelsel het 239 klagtes as gevolg van agterstallige skuld en vertragings getoon. Sy sê die Wet op Finansiële Instellings sal die definisie van die aftreefonds uitbrei om staatsdiensaftreefondse in te sluit.
Pensioenfondsberegter teken toename in klagtes aan, beklemtoon uitdagings met die tweepotstelsel