Skip to content

Peet Viljoen sê hy gaan Nasionale Vervolgingsgesag vir R500-miljoen dagvaar

# Die prokureur, Peet Viljoen wat van die rol geskrap is, sê hy gaan die Nasionale Vervolgingsgesag vir 500-miljoen-rand dagvaar weens onregmatige vervolging. Hy staar minstens 400 aanklagte in die gesig, insluitend bedrog, korrupsie en diefstal wat verband hou met die vermeende bedrieglike verkope van 46 eiendomme van die Johannesburg Eiendom-maatskappy. Viljoen het gister aan die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria gesê die staat se saak is swak en vol foute. Hy sê sy optrede is nie dié van iemand wat die reg probeer ontduik nie. Viljoen se saak is tot die 23ste uitgestel.