Skip to content

Paul Mashatile lewer hoofrede by Menseregtedag-herdenking

# Adjunkpresident Paul Mashatile sal vandag namens president Cyril Ramaphosa die hoofrede lewer by vanjaar se Menseregtedag-herdenking by die Derrick Ferreira-stadion in Kariega, in die Oos-Kaap. Vanjaar se tema is Verdieping van ‘n kultuur van maatskaplike geregtigheid en menseregte. Dit is ‘n oproep vir ‘n hernude en versterkte verbintenis van alle vlakke van die samelewing om praktiese oplossings te bespoedig vir inklusiewe groei en werkskepping. Die Presidensie sê die dag vereer ook die 35 mense wat op 21 Maart 1985 deur die apartheidspolisie doodgeskiet is ná ‘n begrafnis in Uitenhage en KwaLanga.