# Franse owerhede het met ‘n ondersoek begin na die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa. Hy is gister dood aangetref buite die Hyatt Hotel nadat hy Maandag as vermis aangemeld is. Parys se aanklaer, Laure Beccuau, sê Mthethwa se kamervenster op die 22ste vloer is oopgedwing met ʼn skêr wat op die toneel gevind is. Sy sê ondersoekers kon geen teken vind van ʼn geveg of dat dwelms of medisyne betrokke was nie. Beccuau sê die aanvanklike ondersoek dui daarop dat dit ʼn doelbewuste optrede was.
Paryse aanklaer se kantoor stel ondersoek in na Nathi Mthethwa se dood